Die Gereformeerde Kerk Strand is hierdie jaar 45 jaar oud!

Dis voorwaar wonderlik! Hierdie jaar se 10de maand as dankbaarheidsmaand wil ons dus graag daaraan koppel, en ook ’n feesdag hou op Saterdag, 17 November en Nagmaal is dan op 18 November. 

Die sanggroep Bottomless Coffee sal op Saterdag, 17 November optree.  

Bottomless Coffee is die egpaar Lourens en Esté Rabé en hul musiek word beskryf as Folk rock en Afro-blues. Tussen die twee van hulle gebruik hulle tot 12 instrumente in ‘n vertoning.

Kliek hier en luister na Stille Watwaters – Bottomless Coffee (Laurica Rauch)