Gereformeerde Kerk Strand

Ds Dinant Zwemstra

Ons as Gereformeerde Kerk Strand is bevoorreg om ds Dinant Zwemstra as voltydse predikant te kan hê sedert 2015.

Onder sy bekwame leiding het ons as gemeente net gegroei. Verskeie nuwe projekte is met baie groot sukses aangepak en deurgevoer.

Ds Dinant is getroud met Tanya en hulle het 3 wonderlike kinders. Hierdie egpaar is ‘n opregte voorbeeld vir ons as gemeente.

Bediening in Gereformeerde Kerk Strand

Die Gereformeerde Kerk Strand is ’n groeiende gemeente. Dis ’n wonderlike voorreg en seën! Groeiende gemeentes bring dan ook lekker uitdagings mee, veral ten opsigte van die bediening.

Met die laaste kerkraadsvergadering in 2022 het die kerkraad besin oor die bediening van die gemeente, siende dat ds Dinant nie meer by alles uitkom nie. Die gemeente se finansies laat dit egter nie toe om nog ’n voltydse predikant te beroep nie. Intussen is daar is ook ’n skrywe ontvang vanaf die Teologiese Skool, wat uitgestuur is aan ons kerkverband, wat handel oor proponente (afgestudeerde studente wat wag vir ‘n beroep), en moontlike bediening van proponente in gemeentes.

Ons gemeente is steeds besig met onderhandelinge om bedieningshulp vir ds Dinant te bekom. Ons en Kleinmondgemeente onderhandel met proponent Jandre Coetzee om in die gemeente te werk. Hou die spasie dop!