Gereformeerde Kerk Strand

"Kook & Geniet"

Woensdag 1 Februarie 2023 was dit weer tyd vir ons dames, vir die groot “Kook & Geniet” sessie in die kombuis.
Die dames het geregte voorberei vir die kerk se koskombuis projek. Hierdie geregte word gevries en kan dan hierdie geregte deur gemeentlede geneem word en versprei word aan minder bevoorregte persone soos dit nodig is.

Ons wil dankie sê vir almal wat so hard gewerk het om die dag so besonders te maak.

"Jars of Hope" Projek

Wat ‘n vreugde was vanoggend se kuiertjie by die kerkhuis! Dankie aan elke vrou wat gehelp bottels maak het, asook elke bydrae wat julle gemaak het. Ons het soos ‘n ge-oliede masjien gewerk en kon meer as 100 bottels uiteindelik gereed vir die “Jars of Hope” projek. Dis so wonderlik om iets te doen wat jy weet ‘n verskil maak aan iemand se lewe.